Vrydag 25 September
Aankoms & informele kuier
Vanaf 14h00
Doringrant Trou Venue
Bring swemklere, handdoek, eie vleis, drank en ’n kampstoel. Bykosse word voorsien.
Ons Trounaweek
25–27 September 2026 · Doringrant, Beestekraal — die volledige naweekprogram en praktiese inligting.
Met ’n oogopslag
Liewe familie en vriende — julle teenwoordigheid maak hierdie naweek spesiaal. Hier is waar julle moet wees en wanneer.
Vrydag 25 September
Aankoms & informele kuier
Vanaf 14h00
Doringrant Trou Venue
Bring swemklere, handdoek, eie vleis, drank en ’n kampstoel. Bykosse word voorsien.
Saterdag 26 September
Die Troue
Arriveer 14h00–14h45 · Seremonie 15h30 · Ontvangs 18h00
Doringrant Gasteplaas en Wedding Venue
Semi-formeel in aardse kleure. Die seremonie begin stiptelik.
Sondag 27 September
Afsluiting & vertrek
08h00 koffie · 10h00 afgesluit
Doringrant
’n Rustige laaste koffie voordat almal vertrek.
Skedule
Kom kuier saam en begin die naweek rustig Vrydag middag voor ons groot dag. Vir ons gaan dit om saam elkeen van julle tyd te spandeer en die dag te geniet.
Plek: Doringrant Trou Venue. Wat om te bring: Swemklere, Handdoek, Eie vleis, drank en kampstoel. Bykosse sal voorsien word.
Arriveer by Doringrant Trou Venue
Geniet die dag saam (e.g. volleyball, swem, ens.)
Braai en kuier
Plek: Doringrant Gasteplaas en Wedding Venue. Drag: semi-formeel in natuurlike, aardse kleure. Die seremonie begin stiptelik 15h30. Canapés en die kroeg vanaf 16h45 terwyl fotos geneem word. Die ontvangs begin 18h00.
Koffie en beskuit saam die familie
Ontspan, gesels en help met die laaste dekor
Gaste arriveer, welkomsdrankie en teken die gasteboek
Beweeg na die seremonie-area
Almal neem hul sitplekke in
Diens en Seremonie — begin stiptelik
Gelukwensinge en konfetti-uitstap
Canapés en die kroeg maak oop
Familie- en groepfotos — ons roep julle wanneer dit julle beurt is
Fotos met die bruidspaar, strooijonkers en strooimeisies
Gaste beweeg in en neem sitplekke
Die bruidspaar
Welkom en tafelgebed
Toesprake
Speletjies
Hoofmaaltyd word bedien
Sny van die koek en nagereg
Eerste dans, gevolg deur die vader-dogter en moeder-seun dans
Die dansvloer maak oop
Laaste liedjie
Kuier sonder DJ
’n Rustige afsluiting van ’n onvergeetlike naweek by Doringrant.
Kom groet en geniet ’n laaste koffie saam voordat almal vertrek
Naweek is afgesluit
Net ná COVID in November 2020, toe die wêreld stadig weer begin asemhaal het, het ons paaie onverwags gekruis. Ek was nog besig met my finalejaar-eksamen toe my pa my binne een uur drie keer bel — elke keer met dieselfde boodskap: daar wag ’n baie “oulike meisie” by Toutrek Park, en ek moet kom. Ek was oortuig hulle wil eintlik net saam my 'n bier drink, maar ek het uiteindelik besluit om tog te ry en saam hulle 'n bier te geniet. Daar, om die hoek, het Nina gestaan. Stil, geduldig… en ongelooflik mooi. In daardie oomblik het iets eenvoudig begin wat baie meer sou word. Ek het saam na haar kar toe gestap en, vir die eerste keer in my lewe, genoeg moed bymekaar geskraap om vir haar nommer te vra. ’n Week of twee later het ons vir koffie ontmoet — en wat bedoel was as ’n kort afspraak, het ure se gesprek geword. Die res, soos hulle sê, is geskiedenis.
Van die begin af het ek en Nina nog altyd 'n liefde vir die natuur gedeel. Ons is mal oor Dullstroom se berge, die diere en lewe van die Kruger Wildtuin en die see-lug en fynbos van Betty's Baai. Of dit nou berge, woude, die see of oop veld is — enige plek waar die natuur op sy mooiste is, is vir ons tuis.
Een van ons gunsteling plekke, Dullstroom, het die perfekte agtergrond geword vir die volgende hoofstuk. Op die rug van ’n perd (Nina se droom), tussen die rustige landskap en vars lug, het ek die vraag gevra. En wel... ons trou!
Ons Kleure
Ons troue se styl is semi-formeel en geïnspireer deur warm, aardse kleure — natuurlik, sag en tydloos.
Verblyf
Verblyf is beskikbaar naby die venue vir die naweek. Ons beveel aan dat julle vroegtydig bespreek omrede dit skoolvakansie is.
Ideaal vir die wat 'n bosveld wegbreek soek.
'n Wildsplaas opsie met verskeie diere en vermaaklikhede.
'n Alombekende vakansieoord vir diegene wat belangstel.
Soos Sediba is dit ook 'n bekende vakansieoord.
4 staanplekke is beskikbaar vir 6 mense per staanplek teen R275 per persoon per nag. Kontak die bruidegom rakende die reëlings.
Julle teenwoordigheid op ons spesiale dag beteken vir ons opreg die meeste en is reeds die grootste geskenk wat ons kan ontvang. Ons sien uit daarna om hierdie oomblik saam met julle te vier en te deel.
Vir dié wat wel graag iets ekstra wil gee, het ons ’n paar riglyne saamgestel om dit makliker te maak en dubbels te voorkom. Ons sal ook opreg enige kontantbydrae waardeer wat ons kan gebruik vir ons wittebrood en die huis wat ons saam wil begin bou, Geskenkbewyse is ook altyd ’n goeie en praktiese opsie.
’n Donasie aan die volgende rekening (T. de Lange, Capitec Spaar: 1495700702) sal ook opreg waardeer word, of kontak Annemieke de Lange by 0823722624 vir meer besonderhede.
Bykomende Inligting
As daar enige ander vrae is buiten die bostaande inligting, stuur vir ons 'n WhatsApp.
Die venue is in ’n bosveld omgewing — gemaklike skoene word aanbeveel. Weerstoestande kan wel verander, bring asseblief ’n warm laag saam.Parkering sal beskikbaar wees op die perseel.
Kroeg Inligting: ’n Kontant- en kaartfasiliteit sal beskikbaar wees by die kroeg. Kom geniet die aand saam.
Die seremonie begin stiptelik 15h30 Saterdag Middag (26 September)
RSVP
Kan jy nie meer die troue bywoon nie? Soek jou naam hieronder om jou bestaande RSVP te kanselleer. Kanselleer voor einde Augustus.
Vrydag middag na 14h00. Gaste is welkom om vanaf 10h00 op Saterdag op die venue te arriveer en te help met die dekor. Ons gaan wel 9h00 Saterdag saam koffie drink.
Ja, parkering sal op die perseel beskikbaar wees vir alle gaste.
Kontak asseblief die bruidspaar direk indien julle oor kinders se bywoning wil navraag doen.
Semi-formeel in natuurlike, aardse kleure volgens die kleurpalet op die webblad.
Canapés word vanaf 16h45 bedien terwyl die fotos geneem word, en die hoofmaaltyd word 19h15 bedien. Die kroeg is oop vanaf 16h45.
Bring jou eie drank vir Vrydag aand, Saterdag aand sal daar 'n kontantkroeg wees, pryse hieronder (Geen eie drank word toegelaat nie):
Gebruik die “Kanselleer RSVP”-knoppie, soek jou naam, en bevestig. Dit verander jou bestaande bywoning na Nee. Kanselleer voor einde Augustus.